Lutherische Kirchenmission

Bleckmarer Mission

Die ganse aarde is rustig en kalm

Das geistliche Wort aus dem Missionsblatt Dezember 2015 / Januar 2016, diesmal auf Afrikaans – von Pfarrer Markus Nietzke, Hermannsburg

Toe het hulle vir die Engel van die HERE wat ​​tussen die mirtebome was, gesê: “Ons het die land deurkruis, en kyk, die ganse aarde is rustig en kalm.” Wie is hulle? (Ruiters) Wat doen of moet die engel doen? (God se Woord verduidelik) Eers reg as jy hoor: “Die hele aarde is kalm en rustig” vra jy jouself: “Nou wat beteken dit?” Dis lastig, want dit blyk in sulke skrille kontras met wat ons tans ondervind te wees: In die Heilige Land is daar geen vrede nie, in Sirië val bomme uit vliegtuie, in Frankryk en Mali word mense arbitrêr vermoor, die noodtoestand in België en Tunisië spreek ‘n duidelike taal. Kyk, dis nou regtig anders as dat “die hele aarde kalm en rustig” is. In Duitsland beheers die lot van talle vlugtelinge wat in die land ingekom het, die nuus en gedagtes van mense. Wat in ander dele van die wêreld gebeur, daar hoor ons min van of selde. Die verslag van die boodskappers op perde, waarvan in Sagaria die rede is, het as inhoud: Die bekende wêreld (rofweg die Midde-Ooste, Suid-Europa en Noord-Afrika) d.w.s. tydens die regering van koning Daríus van Persië ervaar inderdaad ‘n redelike vreedsame tyd, maar hierdie perspektief verander as jy vanuit ´n joodse perspektief dink: Baie Jode woon daardie tyd as afstammelinge van diegene wat in in ballingskap na Babylon gedeporteer was daar en in ander dele van die Babyloniese-Persiese Ryk. Jerusalem, die heilige stad is vernietig en sal herbevolk moet word. Dus: “alles stil en rustig”? Regtig? Dit hang van jou perspektief af! Maar: Daar word nou belowe, dat daar ‘n keerpunt gaan wees. Dit belewe en ervaar Sagaria in ‘n soort van beroeping: “Roep my volk”, antwoord die HERE deur die engel wat met my gepraat het, “goeie woorde, troosvolle woorde toe!” God wil hê dat Jerusalem weer herbou word en uitdruklik bepaal die HERE dat dit “in genade” gaan gebeur; die huis van God moet herbou word en die land moet weer uitgemeet word. Dit is woorde vol hoop in ‘n hopelose tyd per se, maar ook in daardie tyd vir die joodse volk. Wat tot nou toe nog onvervuld gebly het, word nou in vooruitsig gestel. Die “troos” van God sluit in elk geval die verwydering van die oorsaak van nood in. Verseker geld dit ook vir die koms van die Messias! Dit sal later deur die profeet Sagaria gepreek word. In kort, God sal ingryp. God draai die nood om. God stuur daardie verlosser wat lankal al belowe is. Dis bekende woorde in jou ore, liewe lesers. Die koms van God in hierdie wêreld as ‘n rigter teen die einde van die tyd, die koms van God as ‘n redder in hierdie wêreld deur Jesus Christus en die koms van God in ons harte deur die Heilige Gees, dis sake van die hart tydens Advent, Kersfees en Epifanie in die Eredienste, in persoonlike toewyding, in liedjies en ou stories en allerhand andere oordenkings. Dan kan jy dit miskien glo, dan moet dit tog op ‘n sekere punt ook so wees dat “die hele aarde stil en rustig is.” Dis ons hoop en geloof. Hoop sterf as laaste, soos die spreekwoord sê, en miskien is dit nou weer tyd in ons tydperk, om van hierdie hoop te praat, net omdat daar so baie hopeloosheid in die wêreld is en waar dit lyk asof alles in die huidige werklikheid misluk. Die hoop dat God dit alles toelaat en nogtans die wêreld red, vind desondanks nog steeds gehoor, in Duitsland (onder Duitsers en migrante), of selfs in Suid-Afrika, Botswana en Mosambiek (onder Suid-Afrikaners en immigrante uit ander Afrika-lande). Iets moet dus daaran interessant wees om hierdie boodskap na alles wat belewe word te glo. Iets beweeg mense uiteindelik tot geloof. Ten spyte van oorlog en rampe. Die oortuiging, dat God hierdie wêreld in Christus nog steeds lief het en vir haar troos en vriendelike woorde oor het; dit kan jy gerus glo. Ook nou, wanneer daar van oorlog en gevare gepraat word, daar, waar blykbaar eerder begraafplaasstilte heers as vreugde en lewenslus, en selfs in geval waar die dood onmiddelik toeslaan en heers. Daarvan praat die profeet Sagaria in sy visioene, preke en beloftes, dis wat Jesus Christus, Seun van God, ons verlosser, self getuig. Dit is die goeie nuus wat verkondig word. In ons tyd. Aan mense uit alle nasies. In ons midde. In Duitsland en natuurlik ook elders in die wêreld.

Die deutsche Version steht (leicht gekürzt) im Missionsblatt auf Seite 4 und 5.

Antworten